Sondag Koerant 17 Maart 2013

12 NUUS 17 Maart 2013 HARDE SKOTE! Lewe van pornosterre nie altyd maanskyn en suigstokkies DIE wenner van Miss Porn SA 2012 sê die pornbedryf is HARD. “Stoute” Simone Human (29) van Pretoria onthul dat ’n porno-aktrise dit hotagter kan kry. Sy probeer haarself beskerm deur in haar kontrakte te stipuleer dat sy nie anale seks doen nie. Oor die res het sy egter min beheer. Simone, wat haarself beskryf as “baie sexual”, sê: “Dis nogal stresvol. Ons rehearse nie voor die tyd nie.
“Van die ouens kry stage fright. Jy moet sowat vyf posisies in 20 minute doen. Daar’s vyf minute foreplay aan die begin van die movie, 20 minute in die middel, en dan nog vyf minute vir die klimaks-skoot aan die einde.” Sy sê dinge kan nogal lol wanneer daar nie chemistry tussen die aktrise en akteur is nie. “Jy dink maar aan iets anders en sny jou af. Jy fantaseer dat hy mooi is, maar jy moet ook fokus en in die kamera kyk,” vertel sy. Haar stem raak yl van verveling wanneer sy onthou dat sy in een blou movie vyf minute lank aan ’n stokkielekker moes suig omdat haar medester nie kon aflaai nie.
< Die blonde ster van The Girls of the Loslyf Mansion en Pornstar Volume 1 vat ook stres in haar persoonlike lewe. En hier stoom en sizzle dit glad nie, want Simone was eers in ’n abusive relationship. Sy is nou single, want “niemand verstaan jou wêreld nie”. Volgens Simone kan plaaslike pornosterre wat hul loopbaan goed bedryf, tot R10 000 per maand verdien. Hulle kan egter ingeloop word deur die filmvervaardigers deurdat hulle nie weet hoeveel kopieë gesny en versprei word nie, en dus nie die korrekte hoeveelheid royalties kry nie. Simone is beter af as baie ander pornosterre, aangesien sy Vixens Adult Entertainment- agentskap besit en pornosterre reël vir buitelanders. Sy dans ook regoor die land en beplan om self agter die kameras in te skuif as porn producer. Daar is omtrent geen einde aan Simone nie! Die Amerikaanse superpornoster Bibi Jones is intussen stert tussen die bene terug Amerika toe. Bibi, wat onlangs opgetree het by die Sexpo in Kaapstad, het glo effe af gelyk. Plaaslik vertel “Stoute” Simone dat sy al haar Amerikaanse kollega by ’n Sexpo gesien het, en dat sy soos ’n “space cadet” lyk. Sondag wou weet hoekom die superpornster dan so af lyk. Volgens Alexander Palumbo, mediaverteenwoordiger van Digital Playground vir wie Bibi eksklusief flieks maak, is alles oukei. Hy verduidelik dat Bibi, wat verlede jaar afgetree het omdat sy ongelukkig was, teruggekeer het na blou flieks weens haar liefde vir die bedryf. Volgens Alexander gaan dit nie oor die geld nie, want Bibi het ’n kantoorwerk waarin sy glo goed is. “Sy werk in die bedryf omdat sy dit geniet,” sê hy.

No comments:

Post a Comment